ALMAL IS UITGENOOI NA ‘N BANKET

A.      Lees Mat 22:1-14

B.      Aan die einde van 2WO het die Russiese regering ‘n groot banket gereël om die besoekende Eerste Minister van Engeland, Winston Churchill welkom te heet. Die Russe het na die banket gekom met hul formele militêre uniforms, met al hul wapens en medaljes. Churchill het gekleed gegaan in sy khaki-oorpak wat hy gedurende die Duitse Bomaanval in London gedra het! Hy het gedink dat die oorpak nostalgiese herinnerings sal aanwakker wat deur die Russe waardeer sou word. Hulle het nie. Hulle was geensins be-indruk met die oorpak nie. Hulle het vernederd gevoel dat hul ge-eerde besoeker nie hul banket waardig genoeg geag het vir sy beste klere nie!

1.      Die dra van regte klere by formele geleenthede vereer die gasheer sowel as die geleentheid.

2.      Om na te laat om ordentlik aan te trek is ‘n belediging.

3.      Die Polisie in Boston was die eerste mag wat spesiale uniforms gedra het.

a.       Die gevolg was ‘n onmiddellike verbetering in hul effektiwiteit.

b.      Hulle het dadelik probeer om die beeld wat hul uniforms geskep het, gestand te doen.

4.      Die klere maak nie die man nie.

5.      Maar die regte klere op die regte tyd neig om mens meer selfvertroue te gee.

6.      Dit veroorsaak ook dat andere mens meer respekteer.

          Pretoria gemeente – Hobo Partytjie. Soos bedelaars aantrek en vis en skyfies bring om by die gebou te eet, sonder borde, messe, vurke! Chris gaan koop vis en skyfies vir 3 gesinne sommer so in sy hobo-klere. Bedrag omtrent R90. Eienaar: HET JY GELD!? Almal kyk hom skeef aan. Selfs ‘n bedelaar wat inkom frons vir hom. Skielik lui ‘n selfoon en almal kyk verbaas rond totdat hy byval, hy het sy selfoon by hom. Toe hy die foon antwoord is almal skielik baie vriendeliker en die bedelaar stap so voetjie-voetjie nader en sê: HET MENEER NIE VIR MY ‘N SIGARET NIE!?

I.       DIE GELYKENIS VAN DIE BRUILOFSMAAL.

          IN WERKLIKHEID TWEE GELYKENISSE IN EEN.

A.      V 1-10 beskrywe Bruilofsfees deur Koning vir Sy Seun gereël

1.      Die genooides wys uitnodiging beledigend van die hand.

2.      Gevolg: Sy leër gaan en vernietig hul stad.

3.      Die Koning het daarna sy diensknegte gelas om enigeen te nooi wat bereid is om na die fees te kom.

4.      Sy banketsaal gevul met gaste voordat Sy Seun aangekom het.

B.      V 11-14 beskrywe ‘n ongelukkig voorval gedurende banket.

1.      Hier stel Jesus ‘n gas voor wat sleg—soos ‘n hobo!!—gekleed was.

a.       Hy leer aan ons sensitiwiteit om behoorlik gekleed te wees

b.      Mens lees dikwels van mense wat nagmerries het oor hul kleredrag by ‘n belangrike funksie.

c.       Almal rondom het pragtige klere aan …

d.      En hulle het vergeet om skoene aan te trek

e.       Of hulle het nog hul tuinklere/slaapklere aan.

2.      Die koning merk iemand wat nie reg gekleed is nie.

a.       Vra verduideliking, hoop daar is goeie verklaring.

b.      Die man het geen verskoning, Praat nie woord nie.

c.       Die koning beveel dat hy gebind en buite in die duisternis uitgegooi word.

d.      HOE SOU JY VOEL AS JY DAARDIE MAN WAS???

II.      ONS IS UITGENOOI NA ‘N KONINKLIKE BANKET. R.S.V.P.!!!

A.      WIE VAN JULLE SOU GAAN AS JULLE SO ‘N UITNODIGING KRY?

B.      Die koning is GOD. Die Seun is Jesus Christus.

1.      Die bruilofsmaal is tydloos.

2.      Dit het begin in Genesis en hou aan tot in ewigheid!

3.      Dit verteenwoordig die vreugde, die onberekenbare seëninge wat vrygekooptes in die koninkryk deelagtig word.

4.      Ef 1:3; Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

C.      Jesaja 25:6-9 voorspel SO ‘N WONDERLIKE FEES.

1.      TOG/genooides wat uitnodiging van die hand wys.

2.      God se eie mense, JODE, het NEE DANKIE gese vir Fees!

3.      Hulle het die evangelie van Jesus verwerp.

a.       Het boodskap van Johannes/Doper verwerp.

b.      Het uitnodiging van JESUS verontagsaam–Hom doodgemaak.

c.       Het boodskap van apostels verwerp/vervolg.

d.      EINTLIK “al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, (wat) hierdie dae aangekondig het” verwerp. (Hand 3:24).

D.      MAAR GOD SE VOORNEME OM SALIGMAKING DEUR J.C. TE BEWERKSTELLIG WORD NIE DEUR DIE SWAKHEID VAN DIE MENS BEÏNVLOED NIE.

1.      Evangelie eers aan Jode verkondig; Hulle het Christus verwerp.

2.      EN HUL BEVOORREGTE POSISIE AFGESTAAN!

3.      Deur HUL VERWERPING is die evangelie aan Heidene verkondig

4.      Lees Hand 13:42-46; En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word. En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly. En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor. Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is. Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie—kyk, ons wend ons tot die heidene.

E.       IN GELYKENIS HET DIE KONING (GOD) KWAAD GEWORD!

1.      Uit Egipte bevry, gevoed in Woestyn, teruggebring uit ballingskap, VERWERP.

2.      Daarom het Hy HULLE EN HUL STAD VERNIETIG!!

a.       Praat van die val van Jerusalem.

b.      Jesus het verskriklike beleëring van Jerusalem deur Titus voorspel, Mat 24:15-22.

c.       Jerusalem afgebreek/verbrand…. Tempel vernietig/tempeldiens gestaak.

d.      Die Jode wat eers so baie politieke/godsdienstige vryhede gehad het, neergewerp tot bykans slawerny.

F.       MAAR NIE JODE AS INDIVIDUE VERWERP NIE!!

1.      Individuele Jode nie toegang tot koninkryk verbied nie, (Rom 11:1-2).

2.      Hul verwerping van Christus het die Jode hul posisie as uitverkore nasie gekos!

3.      Evangelie EERS aan Jode verkondig, Hand 1:8. Rom 1:16!

4.      Hand 13:46; (Paulus en Barnabas): Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julself die ewige lewe nie waardig ag nie, kyk ons wend ons tot die heidene.

a.       Sedertdien deur oop vir “hom wat wil” van die water van die lewe neem, Open 22:17.

b.      Mens hoef nie meer fisies van Abraham af te stam om gered te word nie, (Gal. 3:28).

c.       ALMAL IS GENOOI NA

III.     GOD SE NIMMER-EINDIGENDE FEES.

A.      Volgens God is sy Koninkryk ewig.

1.      Dit het begin met die eerste regverdige persoon – Abel.

2.      Dit sal duur vir ewig

a.      Joh 11:26; Elkeen wat lewe en in my glo sal nooit sterf tot in ewigheid nie.

B.      Uit menslike oogpunt is daar nog baie dramatiese gebeurtenisse.

1.      Jesus sal weer verskyn, die heelal sal vernietig word, TYD sal ophou om te bestaan.

2.      Die Dode sal opgewek word en die lewendes sal in ‘n oogwenk verander word, 1 Kor 15:51-54.

3.      Die oordeel sal plaasvind en regverdige en goddelose sal vir ewig geskei word soos skape en bokke, Mat 25:31-46.

4.      Maar in God se gedagte affekteer tyd en tydelike dinge nie ewige dinge nie, Heb 12:26-29.

C.      Maar in hierdie gelykenis is daar tog ‘n oorgangstadium.

1.      In die begin van die gelykenis is die koning God die Vader.

2.      Aan die ander kant, die koning wat die banketsaal betree is Jesus Christus, Koning van die konings, Here van die Here.

3.      Hy is nie langer MENS nie.

4.      Hy is nie langer die lydende, die dienskneg, wat aan ‘n kruis hang nie.

5.      Hy is God, Ewig, (Open. 1:8), Die Regter van die Wereld.

a.       Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

D.      Op daardie dag sal daar ‘n vraag in ons gemoedere ontstaan:

IV.     WAT SAL EK AANTREK? Ek moet ‘n Koningsbanket bywoon!

A.      En die Koning gaan oplet as mens nie paslik gekleed is nie!

1.      Hy het onmiddellik ‘n swakgeklede gas opgemerk.

2.      Iemand wat Sy gasvryheid misbruik het.

3.      Sommige sien hierdie kleed as die wit kaftan wat midde- Oosterse gaste dikwels by die deur van ‘n paleis ontvang.

4.      Hulle vergelyk hierdie met skrifture soos (Open 3:4, 5, 18).

a.       Hulle sal saam met My in wit klere wandel, Open 3:4

b.      Wie oorwin sal geklee word met wit klere, Open 3:5

5.      Eintlik sê Paulus gelowiges word bekleed met CHRISTUS, (Gal 3:27).

6.      Ons sondes word vergewe en ons word oordek met die sondeloosheid van Christus.

B.      VRAAG ONTSTAAN: Hoe het die swakgeklede gas deur die hek gekom, verby die diensknegte??

1.      DUIDELIK; Die diensknegte is nie in staat om die verskil tussen die kleed wat deur die koning voorsien is, en ‘n valse kleed te onderskei nie.

2.      SLEGS DIE KONING WEET WIE HET DIE WARE KLEED EN WIE HET BEHOORT NIE IN SY BANKET NIE.

3.      Dit beteken daar mag mense in die kerk wees wat nie werklik met Christus bekleed is nie!

4.      Mens kan dus deel wees van die kerk op aarde sonder om deel te hê in die ewige Koninkryk van Christus!!

5.      Slegs Christus en sy engele kan die verskil identifiseer, (Mat 13:36-43.)

a.       1 Sam 16:7; Want nie wat die mens sien, sien God nie, want die mens sien aan wat voor oë is maar God sien die hart aan.

b.      Die mens ken nie onderskeid tussen werklike en nominale Christene nie.

c.       Dit is ook nie ons verantwoordelikheid nie.

d.      Ons moet mense wat “klop aan die deur” toelaat om binne te kom.

6.      JESUS: Baie is geroep, maar min is uitverkies.

a.       Om gered te word MOET ons die uitnodiging van X aanvaar.

b.      Wanneer ons dit doen, ontvang ons ‘n kleed van geregtigheid by die deur van die banket. (Rom 6, 1 Kor 6, Kol 2:6-12.)

c.       En wanneer ons die banket betree is ons veronderstel om daardie kleed te dra.

d.      As ons die kleed afhaal het ons nie die reg om te bly nie.

V.      IS ONS BESIG OM ‘N PRIVAAT BANKET TE HOU?

A.      Sommige sien in hierdie gelykenis ‘n aanduiding dat God se verwagting verydel is.

1.      God was bewus dat die Jode die Koninkryk van Christus sou verwerp.

2.      Hy was nie van plan om Sy Koninkryk by nakomelinge van Isak te beperk nie!!

3.      Abraham het meer kinders gehad as Isak.

4.      Sommige geleerdes sien die insluiting van heidene in die Koninkryk van God as ‘n verandering van plan.

5.      So ‘n verandering sou die Voorkennis van God misken.

6.      Die profete het DUIDELIK voorspel wat gaan gebeur.

a.       Jes 2:2; Aan die einde van die dae sal die berg van die Huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en AL DIE NASIES sal daarheen toestroom.

b.      Mar 16:15; Gaan die hele wereld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

B.      Die Jode is verwerp deur hul ongeloof.

1.      Tog is God steeds bereid om hulle te red. (Rom 11:1-6; 20-24).

2.      Om die waarheid te sê, die kerk in die NT het ‘n algehele Joodse begin gehad.

3.      Die evangelie is aan die Heidene verkondig deur Jode.

4.      Dit was die keuses van die mens wat veroorsaak het dat die kerk vinniger tussen heidene as tussen Jode gegroei het.

5.      ALMAL IS WELKOM BY DIE BANKET VAN CHRISTUS.

VI.     GOD WIL ALMAL VAN ALLE NASIES IN SY EWIGE BANKET VERWELKOM.

A.      ‘n Bruilof is gewoonlik ‘n vreugdevolle okasie.

1.      Nie net die fees nie, maar die hele aangeleentheid word beskou as vreugdepunte in die lewe van die betrokkenes.

2.      Dit sal raar wees om ‘n normale persoon te kry wat ongelukkig is by so ‘n geleentheid.

3.      Mense los hul bekommernis tuis en geniet hulself.

4.      Dit is die gemoedstoestand wat God van Sy kinders verwag, – ons moet geniet wat Hy aan ons opdis.

B.      Jesaja 12:3; “En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil”.

1.      Gal 5:22; Die vrug van die gees LIEFDE, BLYDSKAP, VREDE.

2.      God wil nie SY kinders ongelukkig vreesagtig sien nie.

3.      God het ons gered om ons vir ewig gelukkig te maak.

4.      Phil 4:4. Verbly julle in die Here, ek herhaal, verbly julle.

5.      As ons ongelukkig is in die Kerk moet ons ernstig kyk na ons saligmaking, ons verhouding met Christus!

a.       Ons is bekleed met geregtigheid—Ons is op pad hemel toe.

b.      Kyk, nou is die dag van welbehae, Kyk, nou is die dag van Heil, 2 Kor 2:2.

c.       Ons sonde is vergewe, ons is by ‘n FEES.

d.      Ons moet BLY, WEES, DANKBAAR, GELUKKIG!

VII.    GOD HET IN DER WAARHEID VIR ONS HEMEL REEDS OP AARDE BEWERKSTELLIG.

A.      Die kerk van Jesus is veronderstel om die voorhof van die Hemel te wees.

1.      Dit moet vir ons ‘n oase in die woestyn wees.

2.      Dit is ‘n plek waar ons Liefde, Vreugde, Vrede ondervind.

3.      Dit is soos ‘n tropiese eiland, belaai met die vrug van die Gees.

4.      ‘n Plek waar ons kan warmte kry in die SEUN, terwyl ons drink van die water van die lewe.

5.      In die Kerk kan ons rustig wees, seker van God se ewige beskerming.

6.      In die Kerk is Christus ons Redder— is Satan oorwin.

7.      Ons is tuis in die voorhof van die ewige HUIS VAN GOD.

B.      Ons vreugde en dankbaarheid behoort geen perke te ken nie.

1.      Ons moet eintlik soek na dinge wat ons vir God kan doen om dankie te se vir Sy groot genade!

2.      Hy het aan ons sulke onskatbare voorregte gegee.

3.      Ons moet poog om Sy geskenke te omskep in dankbare DIENS AAN HOM.

4.      As andere die vreugde in ons sien brand, sal hulle verlang na dieselfde ondervinding.

5.      EN DIT IS EEN MANIER WAAROP DIE KONINKRYK SAL VERSPREI.

C.      ONS MOET GOD ALTYD DANK OOR SY ONUITSPREEKLIKE GAWE. 2 Ko 9:15

Leave a Reply

%d bloggers like this: