Site icon KRAAIFONTEIN CHURCH OF CHRIST

OPGEBOU IN CHRISTUS

a)       Lees Efe 2:19‑22

b)      Die Geskiedenis van Aanbidding is ‘n geskiedenis van BOUERY.

i)       Noag het ‘n ARK gebou.

ii)       Moses ‘n tabernakel.

iii)      Salomo het ‘n tempel gebou.

iv)      God se Seun het belowe om ‘n geestelike tempel–sy KERK– te bou.

c)       Sommige dinge nodig voordat gebou opgerig kan word:

i)       Ons moet werkbare plan hê … met duidelike spesifikasies.

(1)     Aan Noag bekend gemaak: hoogte, lengte, breedte.

(2)     Noag ook spesifikasies ontvang: vloere, deur, venster, tipe hout.

(3)     Moses patroon gewys van tabernakel/ spesifikasies;

(4)     Dawid het ‘n patroon ontvang waarvolgens tempel gebou moes word: Oorgedra aan Salomo;

e.       1 Kro 28:11-12; En Dawid het aan sy seun Salomo ‘n voorbeeld gegee van die voorportaal en die daarby behorende geboue, van sy skatkamers en sy bovertrekke en sy binnevertrekke en van die vertrek van die versoendeksel; en ‘n voorbeeld van alles wat by hom in die gees was: van die voorhowe van die huis van die HERE en van al die kamers rondom en die skatkamers van die huis van God en die skatkamers van die heilige gawes;

ii)       Behalwe PLAN, ook regte FONDAMENT: BAIE BELANGRIK

(1)     Hoe groter gebou, hoe sterker FONDAMENT.

Een tyd gewerk op terrein waar besig was om 20M X 275M skoorsteen te bou. Het 36 HEIPALE (piles), 700mm dik, tot onder op rotsbank gegiet. Die beton van die fondament sou ‘n sokkerveld 1M dik bedek het. Die bewapening was die waarde van 15 klein/middelslag motors.

MOES BETON MENG TOT SEKERE STERKTE. Uit elke mengsel is verskeie voorbeelde geneem en in 6″ X 6″ X 6″ vorms gegiet. Gewag tot droog, datum opgeskryf. Elke week een van die voorbeelde getoets met hidroliese masjien. Aangeteken teen watter drukking dit kraak. Indien nie op standaard kon firma gedwing word om werk af te breek en oor te bou!!

(2)     GOD HET SELFDE PRESIESHEID VERWAG.

(3)     Tabernakel was ‘n TENT; Tog moes Moses brons stutte vir die pale maak om in te rus.

(4)     Salomo se tempel

(a)      1 Kon 5:17; En die koning het bevel gegee om groot klippe, kosbare klippe uit te breek om die fondament van die huis met gekapte klippe te lê.

(b)     Hierdie fondament het bly staan selfs na die tempel vernietig is.

(c)      Tweede tempel deels op dié fondament gebou.

iii)     Derdens, mens moet regte bou/verbindingsmateriaal hê

(1)     Noag aangese watter hout/VERSEËL MET PIK.

(2)     Moses aangese watter hout/OORGETREK MET GOUD.

Tydens die bou van Ellispark Rugbystadion het die argitek sekere dikte bewapeningstaal voorgeskryf in snaaksgevormde gedeelte in dak. Die bouspan regte bewapening gebruik. Gevind nie genoeg plek om die beton te kon giet nie. Het argitek DIPLOMATIES gekontak, gevra om probleem te kom oplos. Gekom, gekyk na die probleem en gesê: “En nou gaan julle manne natuurlik vir my se EK moet die beton giet … om te kyk of EK dit daar kan INKRY!!!!”

(3)     Sien; SODRA MATERIAAL GESPESIFISEER IS, MAG NIEMAND DIT VERANDER NIE, BEHALWE MET SKRIFTELIKE TOESTEMMING VAN ARGITEK!!!

TOEPASSING:

  1. DIE SEUN VAN GOD HET BELOWE OM SY KERK/ GEMEENTE TE BOU.
  2. Paulus noem die kerk – DIE TEMPEL VAN GOD:

1.      1 Kor 3:16‑17; Weet julle nie dat julle ‘n tempel (naos ‑ sanctuary, heiligdom) van God is en dat die Heilige Gees in julle woon nie? As iemand die tempel (naos) van God skend, sal God hom skend; want die tempel (naos) van God is heilig en dit is julle.

WEBSTER’S: sanctuary: 1. a consecrated place, as a. the ancient Hebrew temple at Jerusalem or its holy of holies b. (1) the most sacred part of a religious building (as the part of a Christian church in which the altar is placed) (2) the room in which general worship services are held (3) a place (as a church or temple) of worship 2 a. (1) a place of refuge and protection (2) a refuge for wildlife where predators are controlled and hunting is illegal b. the immunity from law attached to a sanctuary.

2.      WEBSTER’S NIE DIE REGTE BETEKENIS VAN NAOS GEGEE NIE!

3.      DIE KERK IS GOD SE TEMPEL, GOD SE NAOS, GOD SE HEILIGDOM.

iv)      Heb 11:10; “Want hy [Abraham] het ‘n stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester (argitek) en oprigter is!

v)       GOD IS DIE ARGITEK VAN DIE KERK.

vi)      GOD IS OOK DIE OPRIGTER; DIE BOUER!

  1. GOD HET FONDAMENT GESPESIFISEER: GEEN VERANDERING AANVAARBAAR!
  2. Kyk, Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is ...” (Jes. 28:16).

(1)     HOEKSTEEN, sleutelrol in strukture in NT.

(2)     Sommige gevalle hoof-fondamentsteen.

(a)      Onder heidene is hierdie steen baie maal “geheilig” met menslike brandoffer!

(b)     Naam van koning dikwels hierop gegraveer.

(3)     Ander gevalle hierdie steen LAASTE om ingebou te word (KOEPELBRUG).

(a)      Sommige GEVALLE HOEKSTEEN/EERSTE STEEN–DIE KONINGSTEEN.

(b)     ANDER GEVALLE HOEKSTEEN DIE LAASTE STEEN–DIE HOOFSTEEN.

(4)     JESUS CHRISTUS–ALFA EN OMEGA, EERSTE EN DIE LAASTE.

(5)     ONS MAG DIT NIE VERANDER NIE.

  1. GOD HET SEKERE BOUBLOKKE GESPESIFISEER
  2. 1 Pet 2:5; “En laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.

1.      Ef 2:22; “in wie julle saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.

2.      TOE EFESIËRS GESKRYF IS, HET DIE TEMPEL IN JERUSALEM NOG GESTAAN.

a.       Daar was sekere reëls geldig in die tempel.

b.      Die Heidene mag nie daar ingegaan het nie.

c.       Kon naby kom, maar nie binne-in nie.

d.      Daar was kennisgewing wat gewaarsku het van doodstraf indien hulle verby sekere punt sou gaan.

  1. GOD HET SPESIFIEKE PLAN GEHAD:
  2. KAN NIE GEBOU OPRIG SONDER PLAN NIE! ONWETTIG!!

Hoeveel stene in ons huis en kerk gebou? 50000? Gestel jy gee aan 50500 mense elkeen 1 steen, of ‘n deur, of venster, of toilet, of wasbak en hulle sê hulle moet dit in Warrenton op ‘n sekere terrein loop neersit, maar JY GEE NIE VIR HULLE ‘N PLAN NIE!! Wat sal gebeur?? EEN GROOT VERSKRIKLIKE DUUR HOOP BOUROMMEL!!

B .     God se TEMPEL IS NIE NET BYMEKAAR GEGOOI NIE.

  1. CHRISTUS HET GESÊ HY SAL SY GEMEENTE BOU! (Mat 16:18).
  2. Rom 12:1-2; GOEIE WELGEVALLIGE VOLMAAKTE WIL VAN GOD
  3. 1 Kor 3:10 “…ek het soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gele is nie, dit is Christus Jesus.”
  4. Paulus: “… in wie die hele gebou GOED SAAMGEVOEG, verrys tot ‘n heilige tempel“.
  5. DIE KERK IS NIE NET NEERGEGOOI OP ‘N TERREIN NIE!
  6. VERSKIL TUSSEN GEBOU EN HOOP BOUROMMEL.
  7. Christus het belowe om Sy Kerk TE BOU!!
  8. DIE KERK IS ‘N GEESTELIKE GEBOU MET ‘N GOEDGEKEURDE PLAN!

(a)      ‘n gemeenskaplike geloof

(b)     ‘n gemeenskaplike hoop

(c)      EN WEDERKERIGE LIEFDE.

d)      Toe die tempel van Salomo voltooi is, het ‘n wolk in die tempel verskyn, “want die heerlikheid van die Here het die huis van God vervul.” (2 Kro 5:14).

i)       TOE SALOMO DIE PATROON VOLTOOI HET, HET GOD DAAR GEWOON

ii)       WANNEER ONS BLY BY SY PATROON SAL GOD HIER KOM WOON.

iii)      ONS SAL SY WOONPLEK WEES … IN DIE GEES.

Eendag op TV het Jan Spies ‘n program gehad oor Namibië. o.a. hul boumetodes in die woestyn. Gevalle gewys van murasies waar sand al die bindingsmateriaal tussen stene uitgekalwe het en gebou ingetuimel het. Ook sekere gevalle gewys waar sand al die stene uitgekalwe het, en gedeeltes van die gebou staan nog: klein blokkies DAGHA, STEEDS BESIG OM TE BIND, MAAR MET NIKS OM BYMEKAAR TE HOU NIE.

e)       God se mense was nog ALTYD in die BOU-BESIGHEID.

  1. God se vyande WAS NOG ALTYD IN DIE AFBREEK-BESIGHEID.
  2. AS ONS NIE BOU VOLGENS PLAN NIE, SAL ONS WERK AFGEBREEK WORD!!
  3. OF ONS BOU VOLGENS PLAN, OF ONS IS BESIG OM AF TE BREEK.
  4. WAT IS U BESIG OM TE DOEN –
    1. BESIG OM TE BOU,
    1. Besig om in die pad van die bouers te staan….
    1. OF BESIG OM GOD SE HEILIGDOM AF TE BREEK??

F.       UITNODIGING.

Exit mobile version