- Joh 14:1-6.
B. Die mens mees intelligente skepsel … (vra ENIGE mens!!)
1. Gaan kuier al vir die man op die maan.
2. Ondersoek dieptes van die see.
3. Manipuleer gene – alreeds diere ge-“clone”.
4. Genesing gevind vir meeste siektes.
5. Bou “intelligente” masjiene …
C. Die mens dus baie trots, self-versekerd.
1. God het ons aangestel oor Sy skepping.
2. Gesê ons moet HEERS!
3. ONS IS IN BEHEER GELAAT VAN DINGE, PLANTE, DIERE.
4. Tog IS DIE MENS BAIE AFHANKLIK VAN GOD.
D. BAIE DINGE NODIG – VERAL GEESTELIKE OPSIG.
1. ONS HET ALMAL GESONDIG EN DIT ONTBREEK ONS …
a. EN … ONBEKWAAM OM SELF TE RED!!
b. ONS HET ‘N SALIGMAKER NODIG!
c. Kan nie eie sondes vergewe nie.
d. God moes aan ons SALIGHEID skenk.
e. Moes CHRISTUS as SALIGMAKER voorsien.
2. ONS IS RIGTINGLOOS.
a. Wie van julle het al verdwaal? ALMAL!!
b. Duiweklub — trok — donker — los duiwe, kom huis toe. HET INSTINKTIEWE SIN VIR RIGTING.
c. DIE MENS HET NIE SIN VIR RIGTING NIE!
d. JES 53:8 – ONS HET ALMAL GEDWAAL SOOS SKAPE!
e. WEGGEDWAAL VAN GOD, WEET NIE WAAR HUIS IS NIE!
f. God het aan Israel GIDS gee deur Woestyn.
g. Moses opgewek, aangestel as leier.
h. MAAR HY het STEEDS Moses gelei – Wolk/Vuur Pilaar.
3. ONS HET LEERMEESTER/VOORBEELD NODIG.
a. WORD ONBEHOLPE GEBORE.
b. Klein bokkie loop binne paar minute, vat ons JAAR!
c. Klein varkie weet waar om te soek vir kos, ONS MOET GEVOER WORD!
d. KLEIN KROKKEDILLETJIE WEET WAAR OM TE SOEK VIR WATER–ONS MOET GELEI WORD.
e. PETRUS: CHRISTUS HET GEKOM EN VIR ONS ‘N VOORBEELD NAGELAAT, 1 Pet 2:21.
f. VIR ONS KOM WYS HOE OM TE LEWE.
I. DIE MENS HET SALIGMAKER, GIDS, VOORBEELD NODIG.
A. Jes 53:8 – Ons het almal gedwaal soos skape.
1. Weggedwaal van die huis.
2. Almal bevind ons verlore in varkhok van sonde.
3. MAAR ONS IS RIGTINGLOOS.
4. ONS WEET NIE HOE OM WEER BY DIE HUIS TE KOM NIE!
B. Wat gebeur wanneer ‘n skaap verlore raak?
1. Verbouereerd.
2. Hardloop in die rondte, bler, beangs?
C. Die mens dieselfde — Ons het ‘n gids nodig.
1. Pred 16:25; Daar is ‘n weg wat vir die mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
2. Jer. 10;23; Ek weet O Here dat die weg van die mens nie in homself is nie.
a. Arktiese Sterretjie — 5 eiers uit nes, uitgebroei, jong voël uit vliegtuig gegooi, land 2 meter van sy moeder!!
3. DIE MENS HET NIE HIERDIE TALENT NIE!
4. DIE MENS PROBLEEM: Hoe kan ek verstaan as niemand my die pad wys nie!? … (KAMERLING, Hand 8:33?)
D. Die mens weet nie eens WAAR DIE HEMEL IS NIE!!
1. Daar is nie ‘n kaart nie. (Behalwe Bybel)
2. Kan nie rigting vra nie!
a. Kan nie POUS, PASTOOR, PRIESTER OF PREDIKANT VRA NIE.
b. Blinde wat blindes lei.
c. HULLE MOET SELF RIGTING VRA!!
3. ONS KAN GOD DANK; ONS HET NIE NODIG OM TE WEET NIE.
II. GOD HET SALIGMAKER, GIDS, VOORBEELD VOORSIEN. God se MIDDELLAAR het verklaar:
A. “Ek is die goeie herder.” (Joh 10).
1. Ons het almal gedwaal soos skape.
2. God stuur die goeie Herder.
3. Midde-Ooste GESONDE SKAPE VOLG HERDER.
4. GOD STUUR ONS ‘N HERDER OM ONS DIE WEG TE WYS.
B. “Ek is die Weg, Waarheid, Lewe.” (Joh 14:6)
1. “NIEMAND kom na die Vader behalwe deur My nie”
2. WIE VAN JULLE HET AL MET ‘N KAART OP JUL SKOOT VERDWAAL??
3. GESTEL IEMAND GEE JOU ‘N SKAT-KAART:
a. Wie van ons sal die kaart wysig?
b. Wie van ons sal informasie op kaart verander?
4. GOD STUUR VIR ONS NIE NET ‘N GIDS NIE.
5. HY STUUR VIR ONS DIE PAD OM TE WANDEL!!
C. “Ek is die lig van die wêreld … wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” (Joh. 8:12).
1. Ons het gesondig, ONTBREEK AAN HEERLIKHEID VAN GOD
2. BEVIND ONS IN DUISTERNIS.
3. KAN NIE ONS EIE WEG VIND NIE.
Man loop straat af, sien dronkie rondsoek onder lamppaal. “Wat soek jy?” “Ek het R5 verloor!” “Waar het jy dit verloor?” “Daar in die donkerte!” “Nou hoekom soek jy hier by die lamppaal??” “Kan nie daar in die donkerte sien nie!!”
4. Ons kan nie in die donkerte sien nie!
5. GOD STUUR VIR ONS LIG OM UIT TE LEI UIT DUISTERNIS
6. Johannes: Solank as ons in die lig van GOD wandel, is ons gereinig van ons sondes. (1 Joh. 1:5-7).
D. “Ek is die deur”, Johannes 10:9. Johannes 14:6 sê ook: “… niemand kom na die Vader behalwe deur My nie”, (as ons hierdie twee skrifture bymekaar mag plaas).
1. JES 59:2 – Ons sondes het SKEIDSMUUR gevorm tussen ons en GOD.
2. Ons is eenkant in donker, God is anderkant in LIG.
3. KAN NIE OOR/DEUR/ONDERDEUR MUUR KOM NIE.
4. GOD VOORSIEN VIR ONS ‘N DEUR.
5. JESUS – EK IS DIE DEUR, NIEMAND KOM NA VADER BEHALWE DEUR MY NIE.
E. “Ek is die brood van die lewe“ (Joh. 6:35), “… die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het.” (Joh. 6:51).
1. WAAR IS JESUS GEBORE? BETLEHEM.
a. WAT BETEKEN BETLEHEM?
b. HUIS VAN BROOD.
c. DIE BROOD VAN DIE LEWE IS IN HUIS VAN BROOD GEBORE!
2. HY IS “lewende brood wat uit die hemel neergedaal het!”
a. Hy is nie net ons GEESTELIKE VOEDSEL NIE
b. HY HET UIT DIE HEMEL NEERGEDAAL!
c. WIE VAN ONS WEET WAAR HEMEL IS?
d. NET EEN MENS OP AARDE HET GEWEET, JESUS WAT UIT HEMEL NEERGEDAAL HET.
(1) 2 disipels van Johannes volg Jesus, vra “Meester, waar bly U? Jesus: “Kom Kyk”!
(2) HY IS ENIGSTE WAT UIT HEMEL OP AARDE KOM WOON HET.
(3) ENIGSTE WAT PAD BEIDE RIGTINGS KEN.
(4) ENIGSTE WAT ONS KAN WYS WAAR HEMEL IS!!
3. VROU BY PUT: “Ek sal aan jou lewende water gee”, Joh 4:10.
a. Die BROOD VAN DIE LEWE IS OOK DIE BRON VAN LEWENDE WATER.
b. “Salig is die wat HONGER EN DORS na geregtigheid want hulle sal versadig word!” (Mat 5:6).
III. OM DIE HEMEL TE BEREIK MOET ONS GOD SE SALIGMAKER/GIDS/ VOORBEELD VOLG!
A. DAAR IS NIE ANDER GESAG NIE!
1. Berg van verheerliking. Matteus 17:1-5.
2. MOSES, ELIA, JESUS IN GESPREK.
3. PETRUS: Laat ons drie hutte maak …
4. Skielik oordek ‘n wolk hulle, Moses en Elia verdwyn
5. NET JESUS ALLEEN BLY AGTER.
6. STEM: Dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. LUISTER NA HOM!
a. Moenie meer vandag MOSES, WET volg nie.
b. Moenie meer vandag ELIA, PROFETE volge nie.
c. MOET GOD SE GELIEFDE SEUN VOLG.
d. WEET WAAR HEMEL IS.
e. ENIGSTE WAT ONS DAARHEEN KAN LEI.
B. ONS HET NIE REDE OM ANDER TE VOLG NIE.
1. Johannes 6, Jesus: Ek is die brood van die lewe, as iemand van hierdie brood eet sal hy lewe en nie sterwe nie.
2. Dissipels: Dis harde woord, wie kan daarna luister?
3. BAIE BESLUIT OM HOM TE VERLAAT.
4. JESUS AAN APOSTELS: GAAN JULLE MY OOK VERLAAT?
5. PETRUS: “Na wie toe kan ons gaan? U HET DIE WOORDE VAN DIE EWIGE LEWE!”
C. DIT SOU DWAAS WEES OM ‘N ANDER TE PROBEER VOLG!
1. Openbaring 5:1-10
2. Die Lam van God, Die LEEU VAN JUDA is WAARDIG!!
3. HY HET GEKOM AS MIDDELAAR, GIDS, VOORBEELD.
4. HY HET SY LEWE GEGEE VIR ONS SONDES.
5. Hy het LEWENDIG UIT DIE DODE TERUGGEKEER.
6. HY HET AS OORWINNAAR UIT DIE STRYD GETREE.
7. HY HET TERUGGEKEER NA DIE HEMEL.
8. HY IS BESIG OM VIR ONS PLEK TE BEREI.
9. DAAR IS NIE ‘N ANDER GIDS NIE!
JARE GELEDE HET AUDEY MURPHY ‘N ROLPRENT GEMAAK: TO HELL AND BACK.
10. JESUS CHRISTUS ENIGSTE WAT ROLPRENT KAN MAAK: TO HEAVEN AND BACK!
11. HY IS DIE ENIGSTE EEN WAT PAD BEIDE RIGTINGS KEN.
12. SOU DWAAS WEES OM HOM NIE TE VOLG NIE.
D. GOD SE SALIGMAKER/GIDS HET ALLE GESAG
1. Berg van verheerliking: STEM UIT DIE WOLK; Dit is My geliefde Seun, Luister na Hom!
2. JESUS NA KRUISIGING: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van alle nasies …” (Mat 28:18–).
3. Jesus Christus het ALLE GESAG.
4. OPGEVAAR EN GAAN SIT AAN REGTERHAND VAN MAJESTEIT.
5. VERKLAAR AS KONING VAN KONINGS EN HERE VAN HERE
6. VOOR HOM SAL BUIG ELKE KNIE/ ELKE TONG SAL BELEI DAT HY HERE IS. (FIL 2)
7. VANDAG IS DIE DAG VAN HEIL. 2 Kor 6:2
IV. OPSOMMING
A. Pragtige woorde van PS 23: Al gaan ek ook deur die dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie.
1. Jesus was daar gewees! DWARSDEUR!
2. Hy het lewendig teruggekeer – OORWINNAAR!
B. ENIGSTE WAT KWALIFISEER OM GIDS TE WEES.
1. KEN DIE PAD VAN DIE HEMEL NA DIE AARDE.
2. KEN DIE PAD VAN DIE AARDE NA DIE DODERYK
3. KEN DIE PAD VAN DIE DODERYK TERUG NA DIE AARDE.
4. KEN DIE PAD VAN DIE AARDE NA DIE HEMEL.
5. JESUS KEN DIE PAD HEMEL TOE EN TERUG.
C. HY KOM NA ONS MET BAIE GOEIE GETUIGSKRIFTE:
1. GOD: My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.
2. DISSIPELS:
a. U is die Christus, Seun van die Lewende God.
b. U het die woorde van die ewige lewe.
3. VYANDE.
a. Teenstanders: Nog nooit het ‘n man gepraat soos hierdie man nie.
b. Pilatus: Ek vind geen kwaad in hierdie man nie
c. Hoofman: Waarlik, Hy was die Seun van God.
D. HY SE VANDAG VIR ONS:
1. Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is
2. Ek gaan om vir jou plek te berei.
3. Ek is met jou tot aan die voleinding van die wereld.
1. Atlantis 1991
2. Kraaifontein 1991
3. KRAAIFONTEIN 1999
4. WBS, BELLVILLE, 1999
5. WBS, MALMESBURY TRONK, 2001.
6. KRAAIFONTEIN 2001
7. Warrenton 2022