- Lees Kol 1:9-14
- Baie vrae deesdae oor die ‘WEGRAPING’ op die Internet.
- Woord ‘wegraping’ nie in die Afrikaanse Bybel nie.
- Woord ‘rapture’ nie in ouer Engelse vertalings nie.
- Die nuwer vertalings het ‘rapture’ slegs in Ou Testament.
- ‘Rapture’ beteken nie ‘wegraap’, ‘wegruk’ nie.
- Dis sinoniem vir ‘groot vreugde’
- Saam met ‘wegraping’-vrae ook vrae oor ‘1000-jarige Vrederyk’
- Open 20:1-4—Satan sal gebind wees vir 1000 jaar.
- Simbolies—Openbaring geskryf in simboliese taal.
- Open 20 noem nie die woord ‘KONINKRYK’ nie.
- Die Woord leer nie dat Jesus 1000-jarige koninkryk kom stig met Sy tweede koms nie.
- Die ‘koninkryk’ belowe deur OT-profete het reeds bestaan in NT
1) BELOWE DEUR DIE PROFETE
a) Jes. 2:2-4; En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
i) Wanneer? Aan die einde van die dae.
ii) Wat gaan gebeur? Die berg van die huis van die Here sal vasstaan op die top van die berge.
iii) Wie sal daaraan behoort? Al die nasies sal daarheen toestroom.
iv) Waarom? Dat Hy ons Sy weë kan leer en ons in Sy paaie kan wandel.
5. Waar sou hierdie dinge gebeur? Sion en Jerusalem.
6. Met watter doel? Vrede! Om van swaarde pikke te smee en van spiese snoeimesse.
(1) Onthou die boodskap van die engele?
b. Vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae, Luk 2:14.
c. Eph 2:14-18; “Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.”
b) Dan. 2
i) Dan 2:44; Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—
2. Wanneer?
a. In die dae van dié konings.
b. Watter konings?
1) In Dan 2 droom Nebuchadneser van ‘n beeld saamgestel uit 4 metale
2) Kop van goud, bolyf van silwer, lendene van brons en bene en voete van yster—die voete gemeng met klei
3) In Dan 8 word 2 koninkryke identifiseer BY DIE NAAM; Mede/Perse en Griekeland
4) Die geskiedenis leer dat Babilon gevolg is deur Mede/Perse, Griekeland en ROME.
c. Daniël voorspel die ontstaan van die koninkryk van God in die dae van die Romeinse konings.
3. Wat voorspel Daniel—wat sou gebeur in die dae van die laaste koninkryk? Die God van die hemel sal ‘n koninkryk verwek.
4. Met watter eienskappe? Wat in ewigheid nie vernietig sal word nie.
5. Mat 16:15-18; Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus [petros-manlike vorm] en op hierdie rots [petra-vroulike vorm] sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
2) BELOWE DEUR JOHANNES DIE DOPER
a) Mar 1:15; Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
B. Mat 3:1-2; In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
B. Waaroor praat Johannes? Die koninkryk van die hemel …
C. Wanneer sou dit kom? … het naby gekom—VOOR DIE DEUR.
1. Johannes het gelewe in tyd van Yster-koninkryk van Dan 2:44
2. Griekeland het Meders/Perse oorwin en is oorwin deur ROME
3. Beide Johannes en Jesus het gelewe tydens ROMEINSE oorheersing.
4. Pilatus was ‘n Romeinse Goewerneur.
5. Die tyd wat Daniel voorspel het, het dus in die NT bestaan!
D. Watter voorbereiding was nodig? Bekeer julle … en glo die evangelie.
E. Wat anders was nodig? En hulle is deur hom gedoop in die Jordaan … met belydenis van hul sondes.
F. Deur wie gaan die koninkryk gestig word? Die een wat ná my kom … sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
3) BELOWE DEUR JESUS: (Mat. 4:17; Mark. 9:1; Luk. 24:49).
a) Wat? Die koninkryk van die hemel …
- Mat 4:17; Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
- Wanneer? … het naby gekom –
- Nabye toekoms … VOOR DIE DEUR
- Jesus het gelewe in die tyd van die Romeinse oorheersing. Sien Dan. 2.
b) Hoe lank nog voor dit gaan gebeur? Daar is sommige van die wat hier staan wat die dood nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God met krag (dunamis – δυvαμις) sien kom het nie, (Mark. 9:1).
c) Waar gaan die krag (dunamis – δυvαμις) verskyn? Maar julle moet in die stad Jerusalem wag totdat julle toegerus is met krag (dunamis – δυvαμις) uit die hoogte, (Luk. 24:49).
d) Hoe sal die krag (dunamis – δυvαμις) ontvang word? Maar julle sal krag (dunamis – δυvαμις) ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom. (Hand. 1:8).
E. AL DIE PROFESIEë VERVUL IN HANDELINGE 2.
1. Jesaja 2, Daniel 2, [Goud, Silwer, Brons, Yster] Joël 2—Uitstorting vd H/Gees.
2. Al hierdie profesieë vervul in Han 2.
4) DIE KONINKRYK IS GESTIG OP PINKSTERDAG. (Hand. 2).
a) Hulle het gelewe in die tyd van die Romeinse oorheersing. Sien Dan. 2.
b) Dit was gedurende baie van hulle se leeftyd, (Mark. 9:1).
c) Hulle was vergader in Jerusalem, (Luk. 24:49; Hand. 1-2).
d) Die Heilige Gees het oor hulle gekom en hulle vervul met krag, dunamis, (Ha. 2:1-4).
i) Geluid van ‘n geweldige rukwind.
ii) Tonge soos van vuur.
iii) Spreek van ander tale en dialekte, Han 2;6, 8.
e) Die menigtes in Jerusalem is verbaas en drom saam, (5-13).
f) Petrus reageer op aanmerkings en verduidelik wat gebeur het, (V. 14-41).
i) Die wonderwerk verduidelik, (V. 14-21).
ii) Verduideliking aangaande dood van Christus, (22-24).
iii) Verwysing na profetiese voorspellings, (25-35).
iv) Gevolgtrekking, (Vers 36). Laat dan die hele huis van Israel weet dat God Hom Here en Christus gemaak het.
v) Vraag deur toehoorders, (V. 37)
vi) Die antwoord en belofte van vergifnis, (38-40).
vii) Die skare se reaksie, (V. 41).
5) DIE KERK──DIE KONINKRYK──SE BEGIN EN VORDERING. (V. 42-47).
a) Die nuwe omstandighede na gehoorsaamheid, (V. 42). Volhard in die leer vd apost
i) Eerbiedig, (V. 43). vrees op elkeen gekom, en baie wonders en tekens
ii) Eenheid, (V. 44). almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit.
iii) Liefdadigheid, (V. 45). eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel
iv) Standvastig, (V. 46). hulle eendragtig volhard in die tempel
v) Blydskap, (V. 46). brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet
vi) Goeie reputasie, (V. 47). Was … in guns by die hele volk.
vii) Groei, (V. 47). die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
b) Na Handelinge 2 word die Koninkryk beskou as in werking.
i) Hand. 8:12; Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
ii) Kol. 1:13; Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring [teenswoordige tyd] het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,
iii) Heb. 12:28. Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang [teenswoordige tyd], laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.
iv) Open. 1:9; Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk [teenswoordige tyd] en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word …
c) Die Koninkryk is gestig in die tyd van die Romeinse oorheersing [YSTER KONINKRYK] soos voorspel in die Ou Testament.
- 1 Tim 6:15; Jesus is reeds Koning van die konings in NT.
- Jesus reeds HOOF oor Sy Liggaam/gemeente in die NT, Kol 1:18.
- Jesus reeds Hoëpriester in die NT, Heb 3:1, 4:4-16.
- Heb 3:1; Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,
- Christene word reeds genoem KONINKLIKE PRIESTERDOM, 1 Pet 2:5-9
- Jesus reeds die ‘Opperherder’ in die NT—1 Pet 5:4.
- Joh 10:16; Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
- Han 20:28; Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
- Die ouderlinge reeds HERDERS oor die kudde, die gemeente in NT.
d) Die Bybel is voltooi in die tyd van die Romeinse oorheersing.
i) Johannes het Openbaring ongeveer 96 NC geskrywe.
ii) Daarna is niks bygevoeg nie.
e) GOD HET SY PROFESIEë AANGAANDE STIGTING VD KONINKRYK REEDS IN NT VERVUL.
f) ALMAL KAN VANDAG REEDS TOEGANG KRY TOT DIE KONINKRYK VAN DIE HEMELE [Joh 3:3-5]
G. ONS KAN DIE EVANGELIE GEHOORSAAM…