DRIE MAAL REG — EEN MAAL VERKEERD
a) Wie van julle het al 75% in ‘n toets/eksamen gekry?
i) Wie van julle het daardie vak gedruip?
ii) Wie sou BAIE teleurgesteld wees indien gedruip!?
iii) In Bybel geval waar iemand 75% REG WAS …
iv) EN HY HET DIE VAK GEDRUIP!!
v) BELANGRIKSTE ANTWOORD VERKEERD GEHAD!
b) LEES MAR 10:17‑22
Mar 10:17 En toe Hy op die pad uitgaan, hardloop daar een na Hom toe en val voor Hom op die knieë en vra Hom: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
Mar 10:18 En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God.
Mar 10:19 Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag niemand te kort doen nie; eer jou vader en jou moeder.
Mar 10:20 Maar hy antwoord en sê vir Hom: Meester, al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.
Mar 10:21 En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.
Mar 10:22 Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.
c) CHRISTEN EN BESITTINGS BAIE BELANGRIKE ONDERWERP
i) Verskeie gedeeltes in Bybel gaan hieroor.
2. LEES 1 Tim 6:6-10
1Ti 6:6 Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.
1Ti 6:7 Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.
1Ti 6:8 Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.
1Ti 6:9 Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
1Ti 6:10 Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
ii) Maklik om hieroor te praat hier in KFN.
iii) Nie een van ons weggeval van geloof nie.
iv) Nie een BLYKB AAR so ‘n liefde vir geld ontwikkel dat kerk minder belangrik geword het nie.
v) MAAR WANNEER BY ONS GEWETE KOM ANDER SAAK!
vi) Almal van ons SOMS meer bekommerd oor geld as oor siele
d) MAT, MAR EN LUK VERTEL VERHAAL VAN RYK JONG MAN
i) MAT en MAR meld “een” wat “baie besittings gehad” het.
ii) MAT noem hom ‘n jongman.
iii) Lukas noem hom ‘n “owerste” en sê “hy was baie ryk”.
iv) Markus meld nog iets: “Jesus het hom … lief gekry”.
v) Jesus almal van ons lief ongeag kleur of taal.
vi) Joh 3:16; Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het…
e) AL DRIE SKRYWERS MAAK 3 BELANGRIKE STELLINGS
i) Ryk jong man was nederig—voor Jesus neergeval.
2. Hy was geinteresseerd in ewige lewe
(1) Nie net geinteresseerd–
(2) bereid om sekere dinge te doen om ewige lewe te ontvang.
3. Het vader en moeder respekteer van sy jeug af.
a. Ef 6:1-3; Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder—dit is die eerste gebod met ‘n belofte— sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
b. 2 Tim 3:1-2; Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig…
3. Het volgens hoë morele standaarde gelewe.
f) Eintlik tragies dat so iemand verlore moes wees!
i) So baie reg in sy lewe–so min verkeerd.
- HY HET DIE REGTE VRAAG GEVRA
A. “Wat moet ek doen?”
1. Calvyn – Jy kan niks doen nie, jy is uitverkies om die ewige lewe te verkry.
ii) Gereformeerdes: Glo net en jy sal gered word.
iii) Hoe is soortgelyke vrae in die Bybel beantwoord?
(1) Paulus: Gaan in die stad en daar sal vir jou gesê word wat jy MOET doen….
(2) Tronkbewaarder: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word.
(3) Jesus aan Ryk Jong Man: Kom hier en volg My.
iv) Ywer gehad vir God, maar nie kennis nie.
v) Geglo dat Jesus MEESTER is. NIE GENOEG NIE.
vi) Jesus dui die enigste weg aan tot saligheid: VOLG MY!
B. Sy vraag veronderstel verskeie dinge:
vii) “Wat moet ek DOEN” – bereid om van sy kant af iets op te offer om gered te word.
viii) “Om die ewige lewe te beërwe“
(1) Term EWIGE LEWE ‘n onderwerp op sigself.
(2) In kort: Ek gaan om vir julle plek te berei sodat julle OOK KAN WEES WAAR EK IS.
(3) EWIGE LEWE IS WAAR JESUS IS.
ix) Die vraag veronderstel die Hiernamaals:
(1) DWS Ryk jong man besef hy moes sterwe.
(2) Besef hy moes voorbereiding tref.
(3) Enigste manier om voor te berei vir dood is om seker te maak ek weer sal lewe – EWIG SAL LEWE.
C. Vraag van Ryk jong Man belangrike vraag vir elkeen van ons.
1. Jesus se antwoord nog meer belangrik
2. KOM HIER EN VOLG MY!
3. Het U al gehoor gegee aan hierdie opdrag??
4. Is u ‘n volgeling van Jesus?
5. BELANGRIK; Volg u Jesus SOOS HY WIL GEVOLG WORD??
6. Mat 7:21; Nie elkeen wat vir my sê HERE HERE sal ingaan in die koninkryk nie maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is…
2) DIE JONG MAN SE VRAAG GESTEL AAN DIE REGTE PERSOON
a) Jesus die enigste wat kan red
i) Joh 6:68 – U het die woorde van die ewige lewe.
ii) Luk 19:10 – Gekom om te soek en te red wat verlore is.
iii) Joh 10:10 – Ek het gekom dat hulle lewe en oorvloed kan he
iv) Hand 4:12 – Geen ander naam onder die hemel aan die mense gegee waardeur ons gered moet word nie.
b) AAN DIE ANDER KANT — MENSLIKE LERINGE DIE MEES POPULêRE;
i) Die Kerk is nie belangrik nie–solank jy wedergebore is!
ii) Ons word gered deur geloof alleen
iii) Elkeen sal op sy eie geloof salig word.
iv) Die doop kan ons nie red nie.
v) Jy moet net sorg dat jou hart reg is voor God.
6. Jy moet net opreg wees en glo!
c) God het gese: Dit is my geliefde Seun, LUISTER NA HOM.
i) Waarom is mense bang om NET dit te aanvaar wat Bybel sê?
ii) Waarom wil mense so graag hul eie weg van saligheid skep?
3) DIE RYK JONG MAN HET DIE REGTE ANTWOORD ONTVANG
a) Mat 22:34-40; “Meester wat is die grootste gebod in die wet?”
i) Eerstens, Jy moet die Here jou God liefhê …
ii) Tweedens, Jy moet jou naaste liefhe soos jouself.
iii) Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete
iv) WET HET HELE KLOMP “MAG NIE’S” BEVAT.
v) TWEE BAIE BELANGRIKE “MOETS” – Jy MOET liefhê….GOD en NAASTE
vi) DIS HIERDIE ASPEK VAN GOD SE WET WAT ONS SO MAKLIK MISKYK
b) JESUS: AS ONS LIEFHET MOET ONS BEREID WEES OM PRYS TE BETAAL
i) 1 Tim 6:17-18; Beveel rykes … dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke.
ii) Mat 6:19-20; Moenie skatte bymekaarmaak op aarde waar mot en roes verniel en diewe inbreek en steel nie, maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel…
iii) Ryk jong man se skatte was op aarde.
iv) Sy hart was vasgevang op aarde.
v) Jesus: MAAK JOUSELF LOS VAN HIERDIE AARDSE DINGE.
c) VERDER: KOM HIER EN VOLG MY!
i) RYK JONG MAN: Wat moet ek doen om die ewige lewe te hê?
ii) Jesus: MAAK JOUSELF LOS VAN JOU BESITTINGS EN VOLG MY!
iii) Omgedraai en bedroef weggegaan.
d) AS EK VANDAG DIESELFDE VRAAG AAN JESUS VRA, WAT SAL DIE REGTE ANTWOORD WEES VIR MY SIELSALIGHEID?
i) Watter REGTE antwoord sal Jesus aan JOU GEE?
ii) WAT SAL ONS BEREID WEES OM DAARAAN TE DOEN?
4) NET EEN VERKEERDE ASPEK: HY HET DIE VERKEERDE BESLUIT GEMAAK
a) Mat 21:28- Gelykenis van 2 seuns–Gaan werk in my wingerd.
i) Een het gesê EK WIL NIE — en later gegaan.
ii) Ander een het gesê GOED — en nie gegaan nie.
iii) WIE HET DIE WIL VAN DIE VADER GEDOEN?
iv) DIE EEN WAT GEGAAN HET!
b) DIE RJMan VRA REGTE PERSOON REGTE VRAAG; KRY REGTE ANTWOORD!
i) TRAGEDIE: VERKEERDE BESLUIT GENEEM
ii) BESLUIT OM SY RUG OP JESUS TE DRAAI.
iii) NOG GROTER TRAGEDIE: LEES NOOIT DAT HY VAN BESLUIT VERANDER HET NIE.
(1) Verkeerde besluite van verlede nie einde van wêreld
(2) Die jonger seun het besluit hy wil nie in die wingerd werk nie MAAR LATER VAN BESLUIT VERANDER.
(3) DEUR TE VERANDER WIL VAN DIE VADER GEDOEN.
(4) DIE RJMan KON DUS NOG VERANDER.
(5) HY HET VERSUIM OM TERUG TE DRAAI NA JESUS.
(6) WEGGEDRAAI VAN DIE EWIGE LEWE WAT HY GESOEK HET NA AARDSE BESITTINGS WAARVOOR HY LIEF WAS.
(7) JESUS SE ANTWOORD BESKOU AS TE VEEL GEVRA!
(8) Sy eiendom belangriker as sy siel.
c) JESUS: WAT BAAT DIT MENS AS HY DIE HELE WERELD WIN EN SKADE LY AAN SY SIEL?
5) OPSOMMING
a) OP EEN OF ANDER STADIUM VRA ELKEEN DIE VRAAG: WAT MOET EK DOEN OM DIE EWIGE LEWE TE BEëRWE.
i) Op een of ander tyd kom elkeen van ons by antwoord uit.
ii) Elkeen van ons beskou ‘n gedeelte van die antwoord as “amper te veel gevra!”
b) WATTER ANTWOORD SAL JESUS AAN JOU GEE VANDAG??
c) WATTER GEDEELTE SOU JY WOU BESKOU AS TE VEEL GEVRA??
d) MOENIE VERKEERDE BESLUIT NEEM NIE!
i) VRAAG BELANGRIKSTE WAT ONS OOIT KAN VRA.
ii) ANTWOORD DIE BELANGRIKSTE WAT ONS OOIT KAN ONTVANG.
iii) WAT SAL DIT JOU BAAT INDIEN JY HELE WERELD WIN EN SKADE LY AAN JOU SIEL?