a) Lees Dan 3:1-30
b) Die Bybelverhale aan moedersknie geleer, raak nooit oud nie.
i) Hulle het ons verbaas en bemoedig toe ons kinders was.
ii) Hulle raak aan ons hart noudat ons grootmense is.
c) Vandag gesels oor Sadrag, Mesag en Abednego en die Vuuroond.
i) Hierdie was 3 doodgewone jong mense. MAAR IN BALLINGSKAP!
ii) Hul geloof is drasties op proef gestel en het geseëvier.
iii) Ons het almal nodig om weer na hierdie storie te lusiter want ons geloof word ook soms beproef.
d) Ons kan selfs vandag moed skep uit die voorbeeld van hierdie drie,
- 1 Kor 16:13; Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
- God sal met ons wees en ons op wonderlike maniere bewaar en seën solank ons vir Hom staan,
- Ps 23:4; Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
4. God VERWAG van ons vertroue op sy woord.
DIE BEVEL VAN KONING NEBUKADNESER, DAN 3:1-7
Beeld van goud gemaak, opgestel op die vlakte van Dura, provinsie van Babilon.
Beeld omtrent 30 meter hoog, 3 meter in deursnee.
Nie seker of dit soliede of oorgetrekte goud is nie.
Nebukadneser BAIE volke oorwin — skatte en goud saamgevat na Babilon.
Sou genoeg goud gehad het om so ‘n beeld te kon maak.
Al die belangrike mense van koninkryk na onthulling van beeld genooi.
Bevel; wanneer musiek begin, moet almal neerval en beeld aanbid.
Swaar strawwe beveel vir diegene wat sou weier. 6
Stel self voor die grootsheid en spanning van situasie
- Wie van ons sou waag om so ‘n bevel te verontagsaam?
- Nebukadneser baie suksesvolle Heerser.
- Uitstekende Generaal wat nooit een veldslag verloor het nie
- Hy was ‘n Magtige Heerser wat gesag gehad het om te doen wat hy wou
Stel u voor die spanning tussen jong mense, V. 7
(a) Sou so maklik wees om maar neer te val WANT ALMAL DOEN DIT
Die vrees dat vriende ons sal versaak is een van die groot redes vir ongehoorsaamheid aan God.
(1) Let op hoe dit geloof kan verswak,
b. Joh 12:42-43; Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie. Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
c. Wanneer almal rondom ons dinge doen is daar weinig mense wat die krag het om alleen te staan.
(1) Rom 12:2; En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
(2) Wanneer die mode onkuise kleredrag voorstaan, moeilik om uit te staan en stemmig te klee
(3) Wanneer almal ‘n immorele prent gaan kyk is dit moeilik om daarteen op te staan.
(4) Dis moeilik om te praat teen die sondes wat deur almal rondom ons aanvaar word.
(5) Dit is makliker om toe te gee aan die druk, eerder as om te staan vir God se weg
- Sadrag, Mesag, Abednego bereid om te staan vir God.
2) BEREID OM HUL GELOOF IN GOD TE VERKLAAR, v 8-18
a) Sommge Chaldeers/beskuldigings ingebring teen S, M en Abednego.
i) Jaloers;hierdie 3 het belangrike plekke in koninkryk beklee.
ii) Het Koning ingelig dat hierdie 3 nie bereid was om beeld te aanbid nie.
iii) Uitgewys hul weiering disrespek was teenoor koning en sy god, V 12.
iv) Koning het S, M en A geroep en gevra of dit waar was. 14
v) Het sy regverdigheid bewys deur hulle nog ‘n kans te gee. 15
b) Hierdie 3 jong manne het verbasende geloof getoon, 17-18
i) Let op hoe vreesloos en uitdruklik hulle hul geloof belei
ii) “Ons God is in staat om ons te red …”
iii) Hulle het vas geglo dat God hulle kon red … as dit sy wil was!
(1) ONTHOU; Hulle was bannelinge!
(2) God het hulle nie van ballingskap gered nie!
(3) Waarom sou Hy hulle uit die vuur red??
(4) Dit het vir hulle nie verskil gemaak nie!
(5) NIE BEREID NEER TE BUIG VOOR GOUE BEELD NIE.
(6) BEREID OM TE STERF VIR HUL GELOOF.
iv) SOMS MOET ONS SELFS BEREID WEES OM TE STERF VIR ONS GELOOF!
(1) Soms mag God besluit om Sy kinders te bewaar.
(2) Ander kere mag dit Sy wil wees dat ons wel sterf!
(3) Stefanus.
(4) Baie martelare in Romeinse tyd gesterf vir geloof–Baie het vrygekom!
(a) Petrus uit gevangenis bevry—Han 12
(b) Paulus het baie vervolginge ontvlug! 2 Tim 3:11
(c) Ongeag hoeveel vervolgings ons moet deurstaan, God verwag dat ons sal staan vir Sy saak.
(d) Luk 9:26; Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.
(5) Heb 11:25-26; MOSES … het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ‘n tyd lank die genot van die sonde te hê, en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning.
(6) Heb 13:13‑14; Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra. Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.
3) HUL GELOOF IS OP DIE PROEF GESTEL, V 19-23
a) Nebuchadneser het humeur verloor.
i) Beveel dat oond 7 maal warmer gemaak word.
ii) S, M en A is met klere en al geboei en in oond gegooi
iii) Die hitte so intens dat die manne wat hulle ingegooi het, gesterf het.
iv) Hierdie feit maak die wonderwerk soveel groter!
b) ONS MOET BESEF; ONS GELOOF GAAN OOK SOMS GETOETS WORD.
i) Jer. 20:12; Maar, HERE van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien—laat my u wraak sien op hulle, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
- Job 23:10; Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
- Ons geloof gaan ook soms deur “vlamme” getoets word,
- 1 Cor. 3:12‑15; En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen. [Jak 1:2‑3; 1 Pet. 1:6‑7; 4:12‑13]
- Hoe sou ons optree indien ons dieselde toets as S, M en A moes deurgaan?
- Gelukkig is dit vandag onwaarskynlik!!
- IN ONS LAND GEBEUR HIERDIE DINGE NOG NIE – GESEEND!!
- Gebeur wel in ander lande.
- Maar sou dit WEL gebeur, SAL ONS DIESELFDE GETROUHEID TOON?
4) HUL GEOOF HET OORWIN, 24-30
a) God doen een van die bekendste wonderwerke in die Bybel.
i) 3 mense wat BINNE-IN die vuur kon rondstap!
ii) Saam met hulle was daar ‘n 4de persoon.
(1) Sy voorkoms was soos “‘n Seun van God”.
(2) Sommige Engelse vertalings “like a son of the gods”
(3) Nebukadneser verwys na Hom as “die engel van God.” 28
iii) Nebukadneser gee bevel dat hulle moet uitkom
(1) Getuies merk dat hare of klere nie geskroei het nie
(2) Dat hulle selfs nie na rook geruik het nie V 27
(3) God het belofte gemaak deur Profeet Jesaja.
d. Jes 43:1-2; Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
e. Sy belofte het LETTERLIK waar geword.
iv) Nebukadneser besef: Daar is geen ander god was op so ‘n wyse kan red nie!
(1) Die God wat ons aanbid is almagtig.
(2) Selfs ‘n heidense koning het dit besef!
(3) HOE GROOT MOET ONS RESPEK NIE WEES NIE?
(a) Berg van verheerliking.
(b) Jesus se klere witter as wit
(c) Stem uit Hemel: LUISTER NA HOM
(d) Wie van ons sou gebewe het as ons daar was?
(e) Wie van ons sou groter respek gehad het vir Jesus agterna!?
(f) KOM ONS WYS GROTER RESPEK VIR DIE GOD VAN S, M, A
(g) Jak 2:12; Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.
b) God is gister, vandag, ewig dieselfde. Sien Heb 13:5
i) Kan nog net so red as in die tyd van S, M, Abednego.
ii) Het belowe om met ons te wees, nie toe te laat dat ons bo ons kragte versoek word nie, 1 Kor 10:13.
iii) “Versoek” verwys na beproewinge van enige aard.
iv) Verwys nie net na versoeking tot sonde nie.
v) God sal onder alle beproewinge en versoekings sorg dat ons nie bo ons krag getoets word nie.
vi) Hy sal saam met alle beproewinge vir ons uitkoms bewerk.
5) OPSOMMING
a) Ons kan vandag moed skep uit voorbeeld van S, M en A.
i) Hulle was 3 moedige manne wat op God vertrou het.
ii) God het hulle wonderbaarlik aan die dood laat ontkom.
iii) Net so sal Hy ons welgevallig aansien as ons gelowig staan en Hom vertrou.
b) Volgende storie aan my gestuur deur Rex Dutton, E-pos.
‘n Tyd gelede was daar Ateïstiese professor van Filosofie/Univ van Suid California. In een van sy klasse het hy ‘n hele semester gebruik om te bewys dat God nie bestaan nie. As gevolg van sy logika was sy studente altyd te bang om teen hom te argumenteer. Vir 20 jaar het hy dieselfde lesings gegee en niemand het ooit moed gehad om hom werklik tee te gaan nie. Almal was bang vir sy reputasie. Aan die einde van die semester het hy gewoonlik gevra: “As hier iemand is wat steeds in God glo, staan op!” Niemand het ooit opgestaan nie, want hulle het geweet wat hy sou doen. Hy het altyd voortgegaan: “Elkeen wat in God glo is ‘n dwaas. As God bestaan het, sou hy verhoed dat hierdie stuk kryt breek. Hy kan dit nie doen nie!” Elke jaar het hy ‘n stuk kryt op die teelvloer laat val en elke jaar het dit uitmekaar gebreek. En elke jaar kon die studente maar net sit en kyk. Meeste van sy studente is oortuig dat daar nie ‘n God is nie. Die wat nog geglo het, was te bang om hul monde oop te maak. ‘n Paar jaar gelede moes ‘n Christen daardie kursus loop om sy graad klaar te maak. Hy het die stories gehoor en hy was bang. Maar vir daardie hele semester het hy elke dag gebid vir die moed om op te staan en sy geloof te belei. Uiteindelik het die dag opgedaag. Soos sy gewoonte was het die professor enigeen wat nog in God glo, uitgedaag om op te staan. Almal was geskok toe hulle hom sien staan. En soos gewoonlik het die professor weer die kryt geneem en gese: “Dwaas! As daar ‘n God was, sou Hy kon verhoed dat hierdie kryt breek!” Hy wou die kryt soos gewoonlik op die vloer laat val, maar die dag het die kryt uit sy hand geglip, op sy ander arm, afgespring tot teen sy broek, afgeval op sy skoen en weggerol, sonder om te breek! Die professor se mond het oopgehang en hy het sonder ‘n woord uit die klas gestap. En vir die res van die periode kon ‘n jong Christen met oortuiging aan 300 studente verduidelik waarom hy in God glo en vertrou op Sy Seun Jesus Christus!
c) God het belowe dat Hy nie sal toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie.
d) Kom ons vertrou Hom om Sy beloftes gestand te doen.
e) Kom ons wees bereid om vir Hom te staan soos S, M en Abednego.