Site icon KRAAIFONTEIN CHURCH OF CHRIST

JESUS IS DIE CHRISTUS (met oudio)

A.      Lees Han. 2:22-36

B.      REKORD VAN DIE EERSTE EVANGELIE PREEK:

1.      Petrus praat met sommige spotters, sommige skeptici, vrae-stellers en oortuig baie van hulle dat JC Messias is.

2.      Ons glo reeds dat Jesus die Christus is.

3.      Heb 3:6; “… ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.” [Vind Onwrikbaar slegs in Heb 3]

4.      Ons kan ons geloof voggend ONWRIKBAAR versterk—deur die Woord.

5.      Kan ondersoek instel hoe Petrus skeptiese Jode kon oortuig!

C.      Paulus verduidelik waar ons geloof vandaan behoort te kom:

1.      “Geloof is dus uit die gehoor en gehoor uit die Woord van God, (Rom 10:17).

2.      Joh 20:30-31; “Nog baie ander dinge het Jesus … gedoen wat nie opgeskrywe is nie, maar hierdie is opgeskrywe sodat julle kan glo …”

3.      GROOT VOORDEEL VAN BYBEL–DIS GELOOFWAARDIG!

a.       Wanneer daar twyfel bestaan, word bewyse vir ons gegee…

b.      Maar nie net sommer oppervlakkige bewyse nie.

c.       GELOOFWAARDIGE LOGIESE BEWYSE.

d.      Bewyse wat GESONDE VERSTAND TEVREDE STEL.

D.      Voorbeelde uit ander “godsdienstige” boeke: ONSIN!

1.      Die “Ark” in die boek van Mormon: Uitgeholde boomstamme

a.       Geen ventilasie, Esther 2:19 [VERGELYK MET DIE ARK VAN NOAG!!]

b.      VERS 20; “And the Lord said unto the brother of Jared: Behold, thou shalt make a hole in the top, and also in the bottom; and when thou shalt suffer for air thou shalt unstop the hole and receive air. And if it be so that the water come in upon thee, behold, ye shall stop the hole”.

c.       Net een woord om hierdie te beskryf: BELAGLIK.

2.      Uit die Koran: ‘and [they] said, Verily we have slain Christ Jesus the son of Mary, the apostle of God; yet they slew him not, neither crucified him, but he was represented by one in his likeness’

a.       PROBLEEM: Iemand wat na Jesus lyk GEKRUISIG.

b.      Agterna GRAF LEEG–ERKEN SELFS DEUR VYANDE!

c.       DUS: Iemand wat na Jesus lyk OPGESTAAN!!

E.       HIERDIE IS DIE MEDEDINGING WAT TEEN BYBEL GEMIK IS:

1.      Die mates van die Ark van Noag, ideaal vir vragskip.

2.      Die mates van Mormon se ark – uitgeholde boomstamme!! ONSIN!!!

3.      Kom ons kyk bietjie meer in detail na bewyse wat Petrus aanvoer dat Jesus die Christus is:

F.       Gedoop H/Gees–Praat in verskillende tale–Die Jode spot—julle is vol soetwyn.

1.      Petrus verduidelik;

a.       [Dis Pinksterdag—spesiale dag volgens Wet van Moses]

b.      Dis nog maar die derde uur—9 uur in die oggend.

c.       Dis onwaarskynlik 12 mans tegelyk daardie tyd al dronk te wees

2.      Hierdie is nie dronkenskap nie—DIT IS WAT DEUR JOEL VOORSPEL IS …

3.      Hier is die bewyse:

I.       DIE BEWYS VAN SY WONDERWERKE

A.      Han 2:22; Jesus die Nasaréner, ‘n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het,

B.      Geen wonderwerke of Profesieë in ANDER GODSDIENSTIGE BOEKE

C.      Bybel:

  • 3.2.  Hulle het NA SY DOOD, voortgegaan met wonders!
  • (3.2.1)     Mar 16:20; Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.
  • (3.2.2)     Heb 2:2-4; Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

II.      DIE BEWYS VAN SY OPSTANDING

A.      “OPSTANDING” Ongewone ding in 1ste eeu!

B.      OPSTANDING van Christus Belangrik in God se plan,

C.      DIE GRAF WAS LEEG DAARDIE SONDAGOGGEND!

D.      REAKSIES:

E.       WAT IS ENIGSTE LOGIESE GEVOLGTREKKING? Wagte …. Jode …. Dissipels

III.     DIE VERVULLING VAN PROFESIE

  1. Han 2:24-32! Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop. Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie. U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig. Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe. Omdat hy dan ‘n profeet was en geweet het dat God vir hom met ‘n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit, het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie. Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.

IV.     DIE VERKLARINGS VAN OOGGETUIES

  1. Jesus het Apostels aangestel as getuies:
  2. Han 1:8; julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde
  3. Han 2:32; Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.
  4. 1 Kor 15:5-7; BAIE getuies
  5. Hy [het] aan Céfas verskyn; daarna aan die twaalf.
  6. Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.
  7. Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;

     HIERDIE WAS ‘N BAIE BELANGRIKE STAP IN GOD SE PLAN:

V.      DIE UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES WAS ‘N GROOOT BEWYS VAN JESUS SE GESAG

A.      Joel 2:28; En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

1.         En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal [dialek] waarin ons gebore is? Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië, Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.

VI.     DAAROM (THEREFORE!)

A.      When you see a THEREFORE you must look what it’s there for BECAUSE it is there for a reason.

B.      Laat dan die hele huis van Israel weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.

1.      Wonderwerke; Geen mens kon doen wat Jesus gedoen het nie.

2.      Opstanding; Spesiale gebeurtenis deur spesiale krag van God.

3.      Vervulling van Profesie; GOD SE PLAN DEUR DIE EEUE!

4.      OOGGETUIES SPESIAAL GEKIES DEUR CHRISTUS.

5.      UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES – SPESIALE BELOFTE AAN SPESIALE GETUIES MET SPESIALE DOEL:

a.       JOH 16:12-13; Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

C.      HIERDIE DINGE HET 3000 OORTUIG OP PINKSTERDAG EN DUISENDE ANDER LATER

D.      HIERDIE DINGE KAN U OPNUUT OORTUIG VANDAG — WAAR U U OOKAL BEVIND.

E.       PLIG OM HIERDIE OU NUUS MET ONWRIKBARE OORTUIGING AAN MENSE TE GAAN BEKEND MAAK.

-Malan Gerber

Exit mobile version