A. Lees Han. 2:22-36
B. REKORD VAN DIE EERSTE EVANGELIE PREEK:
1. Petrus praat met sommige spotters, sommige skeptici, vrae-stellers en oortuig baie van hulle dat JC Messias is.
2. Ons glo reeds dat Jesus die Christus is.
3. Heb 3:6; “… ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.” [Vind Onwrikbaar slegs in Heb 3]
4. Ons kan ons geloof voggend ONWRIKBAAR versterk—deur die Woord.
5. Kan ondersoek instel hoe Petrus skeptiese Jode kon oortuig!
C. Paulus verduidelik waar ons geloof vandaan behoort te kom:
1. “Geloof is dus uit die gehoor en gehoor uit die Woord van God, (Rom 10:17).
2. Joh 20:30-31; “Nog baie ander dinge het Jesus … gedoen wat nie opgeskrywe is nie, maar hierdie is opgeskrywe sodat julle kan glo …”
3. GROOT VOORDEEL VAN BYBEL–DIS GELOOFWAARDIG!
a. Wanneer daar twyfel bestaan, word bewyse vir ons gegee…
b. Maar nie net sommer oppervlakkige bewyse nie.
c. GELOOFWAARDIGE LOGIESE BEWYSE.
d. Bewyse wat GESONDE VERSTAND TEVREDE STEL.
D. Voorbeelde uit ander “godsdienstige” boeke: ONSIN!
1. Die “Ark” in die boek van Mormon: Uitgeholde boomstamme
a. Geen ventilasie, Esther 2:19 [VERGELYK MET DIE ARK VAN NOAG!!]
b. VERS 20; “And the Lord said unto the brother of Jared: Behold, thou shalt make a hole in the top, and also in the bottom; and when thou shalt suffer for air thou shalt unstop the hole and receive air. And if it be so that the water come in upon thee, behold, ye shall stop the hole”.
c. Net een woord om hierdie te beskryf: BELAGLIK.
2. Uit die Koran: ‘and [they] said, Verily we have slain Christ Jesus the son of Mary, the apostle of God; yet they slew him not, neither crucified him, but he was represented by one in his likeness’
a. PROBLEEM: Iemand wat na Jesus lyk GEKRUISIG.
b. Agterna GRAF LEEG–ERKEN SELFS DEUR VYANDE!
c. DUS: Iemand wat na Jesus lyk OPGESTAAN!!
E. HIERDIE IS DIE MEDEDINGING WAT TEEN BYBEL GEMIK IS:
1. Die mates van die Ark van Noag, ideaal vir vragskip.
2. Die mates van Mormon se ark – uitgeholde boomstamme!! ONSIN!!!
3. Kom ons kyk bietjie meer in detail na bewyse wat Petrus aanvoer dat Jesus die Christus is:
F. Gedoop H/Gees–Praat in verskillende tale–Die Jode spot—julle is vol soetwyn.
1. Petrus verduidelik;
a. [Dis Pinksterdag—spesiale dag volgens Wet van Moses]
b. Dis nog maar die derde uur—9 uur in die oggend.
c. Dis onwaarskynlik 12 mans tegelyk daardie tyd al dronk te wees
2. Hierdie is nie dronkenskap nie—DIT IS WAT DEUR JOEL VOORSPEL IS …
3. Hier is die bewyse:
I. DIE BEWYS VAN SY WONDERWERKE
A. Han 2:22; Jesus die Nasaréner, ‘n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het,
B. Geen wonderwerke of Profesieë in ANDER GODSDIENSTIGE BOEKE
C. Bybel:
- 1. Moses: Hand in Boesem, Staf word slang, Plae, Rooi See.
- 2. Jesus: Die Profeet wat soos Moses sou wees:
- 2.1. Nikodemus: “Rabbi, niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie“, Joh 3:2.
- (1) DENKENDE MENSE BESEF JESUS IS SPESIAAL.
- (2) Deur wonders geheers oor NATUUR [brood, visse, wind en see
- (3) Deur wonders geheers oor allerhande Siektes
- (4) Deur wonders geheers oor Duiwels.
- (5) Sy wonders het afstande oorbrug.
- 2.2. “As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie, maar as Ek dit doen, al glo julle my nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in my is en Ek in Hom, (Joh 10:37-38).
- 3. Aan Apostels uitstorting van H/Gees belowe:
- 3.1. Joh 16:12-13; Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
- 3.2. Hulle het NA SY DOOD, voortgegaan met wonders!
- (3.2.1) Mar 16:20; Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.
- (3.2.2) Heb 2:2-4; Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?
- 3.3. Mense MOES BESEF: IETS BUITENGEWOONS is AAN DIE GANG.
- 4. ONS KAN onwrikbaar BESEF: IETS BUITENGEWOONS was AAN DIE GANG.
II. DIE BEWYS VAN SY OPSTANDING
A. “OPSTANDING” Ongewone ding in 1ste eeu!
- 1. Han 17:32; Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor.
- 2. Mat 16:21; “Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owrpriester en skrifgeleerdes moes ly en gedood en op die derde dag opgewek word.“
- 3. Reaksie van dissipels,
- a. Joh 20:8-9; Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo. Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode MOES opstaan nie.
- b. Luk 24:5-8; En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was: Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan. En hulle het sy woorde onthou.
- c. Luk 24:11; En hul woorde het vir hulle na onsinnige praatjies gelyk, en hulle het hul nie geglo nie.
- d. Luk 25:21-23; En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.
- e. Luk 24:22-23; Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was; en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook ‘n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe.
- f. Luk 24:33-34; Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was, wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.
- g. Luk 24:45-48;Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge.
- 4. OPSTANDING ONGEWONE DING—WONDERWERK IN DIE NT
B. OPSTANDING van Christus Belangrik in God se plan,
- 1. Rom 1:3-4; Belowe deur sy profete aangaande … “sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here!
- 2. Daar is iets hieromtrent wat ons voortdurend in gedagte MOET HOU!!
- 3. Jesus Christus onse Here is …… met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode!
C. DIE GRAF WAS LEEG DAARDIE SONDAGOGGEND!
- 1. HOE HET GRAF LEEG GEKOM? WAS STORIE VAN WAGTE WAAR?
- 2. VRAAG: WIE HET BELANG GEHAD BY DIE GRAF VAN JESUS??
- a. JODE – WOU LYK IN GRAF HOU –HY’T BELOWE OP TE STAAN!
- b. ROMEINE – GEVRA OM JODE TE HELP OM LYK IN GRAF TE HOU. WAG GEPLAAS SODAT DISSIPELS NIE LIGGAAM STEEL.
- c. DISSIPELS – MAGTELOOS
- (1) KON NIE BY GRAF KOM — GRAF BEWAAK.
- (2) KON NIE GRAF OOPKRY — VERSEEL.
- (3) HET NOG NIE BELOFTE VAN OPSTANDING VERSTAAN.
- d. GOD EN JESUS SELF – PROFETEER DAT JESUS SOU OPSTAAN
- 3. TOE SKIELIK SONDAGMORE VIND DISSIPELS GRAF LEEG!!
D. REAKSIES:
- 1. WAGTE: – BLY EERS BY WAARHEID, HULLE LEWE HANG DAARVAN AF
- a. GAAN VERTEL JODE DAAR WAS AARDBEWING
- b. KLIP WEGGEROL – LIGGAAM VERDWYN.
- 2. JODE:
- a. AAN DIE WAGTE BAIE GELD GEGEE …
- b. ….. OMGEKOOP OM 2 LEUENS TE VERTEL DAT HULLE GESLAAP HET
- (1) HAND 12:18-19; En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie. Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle tereggestel moes word. En hy het van Judéa weggegaan na Cesaréa en daar gebly.
- (2) HOEKOM IS WAGTE by Jesus se graf NIE OM LEWE GEBRING?……….
- c. EN DAT DISSIPELS LIGGAAM KOM STEEL HET
- (1) GRAF DEUR ROMEINE VERSEEL!!
- (2) HOEKOM IS DISSIPELS NOOIT VERVOLG NIE??
- d. WAGTE BESKERMING BELOWE DEUR JODE.
- 3. DISSIPELS—wat KASTIG die liggaam van Jesus gesteel het…
- a. 2 ENGELE VERSKYN AAN VROUENS – HY HET OPGESTAAN SOOS BELOWE!
- b. DISSIPELS WIL NIE DIE VROUENS GLO NIE!
- c. 2 DISSIPELS HARDLOOP EN GAAN KYK IN DIE GRAF!
- d. WONDER ONDER MEKAAR WAT VAN LIGGAAM GEWORD HET!
- e. EEN DISSIPEL VRA TUINIER WAAR HY LIGGAAM GELE HET
- f. Die dissipels van Jesus almal ONGELOWIG—KAN NIE HULLE OĒ GLO NIE
E. WAT IS ENIGSTE LOGIESE GEVOLGTREKKING? Wagte …. Jode …. Dissipels
- 1. STORIE WAT WAGTE VERSPREI HET WAS ‘N LEUEN.
- 2. DISSIPELS WAS ONSKULDIG, DAAROM IS HULLE NIE VERVOLG NIE
- 3. GOD SE PROFESIEE HET WAAR GEWORD; MESSIAS HET OPGESTAAN.
- 4. JESUS SE BELOFTE IS VERVUL; DERDE DAG OPGESTAAN.
III. DIE VERVULLING VAN PROFESIE
- Han 2:24-32! Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop. Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie. U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig. Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe. Omdat hy dan ‘n profeet was en geweet het dat God vir hom met ‘n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit, het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie. Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.
- 1. Gebruik woorde van Dawid wat almal sou erken as profeet.
- 2. Gebruik feit van Dawid se graf, waarvan almal bewus sou wees.
- 3. Verduidelik dat Dawid se woorde nie KAN verwys na Dawid se graf nie!
- 4. Dawid het voorspel van HIERDIE JESUS!
- a. Sien Han 1:10-11; … terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
- b. 2:32; Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is
- c. 6:14; Want ons het hom [STEPHANUS] hoor sê: Hierdie Jesus, die Nasaréner, sal hierdie plek afbreek en die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander
- d. 17:3; Paulus en Silas in Tessalonika; “… en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus…”
IV. DIE VERKLARINGS VAN OOGGETUIES
- Jesus het Apostels aangestel as getuies:
- Han 1:8; julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde
- Han 2:32; Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.
- 1 Kor 15:5-7; BAIE getuies
- Hy [het] aan Céfas verskyn; daarna aan die twaalf.
- Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.
- Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;
HIERDIE WAS ‘N BAIE BELANGRIKE STAP IN GOD SE PLAN:
- 1. Lees Han 10:39-41; En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan ‘n kruishout op te hang. Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God vantevore verkies was, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het.
- 2. Jesus het spesiale mense AANGESTEL AS GETUIES VOORDAT DIE DINGE GEBEUR HET!
- 3. HY HET HULLE VOOR DIE TYD GEWAARSKU;
- 4. HULLE HET HOM VOOR DIE TYD NIE GEGLO NIE,
- a. MAT 16:21; Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
- b. Mat 16:22-23;Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie! Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.
- 5. HULLE HET NA DIE TYD NOG NIE GEGLO NIE,
- a. MAR 16:14; Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.
- 6. EERS NA UITSTORTING VAN H/GEES WERKLIK GEGLO,
- a. Han 4:33; En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.
- 7. DAARNA BEREID OM TE STERF VIR STANDPUNT,
- a. HAND 4:19-20; Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis; want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.
V. DIE UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES WAS ‘N GROOOT BEWYS VAN JESUS SE GESAG
A. Joel 2:28; En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.
- Luk 24:46-49; En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
- HAN 1:8; … julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
- HAN 2:9-11 – VERDUIDELIK.
1. En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal [dialek] waarin ons gebore is? Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië, Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.
- Han 2:16, 33; Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: … Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.
VI. DAAROM (THEREFORE!)
A. When you see a THEREFORE you must look what it’s there for BECAUSE it is there for a reason.
B. Laat dan die hele huis van Israel weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.
1. Wonderwerke; Geen mens kon doen wat Jesus gedoen het nie.
2. Opstanding; Spesiale gebeurtenis deur spesiale krag van God.
3. Vervulling van Profesie; GOD SE PLAN DEUR DIE EEUE!
4. OOGGETUIES SPESIAAL GEKIES DEUR CHRISTUS.
5. UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES – SPESIALE BELOFTE AAN SPESIALE GETUIES MET SPESIALE DOEL:
a. JOH 16:12-13; Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
C. HIERDIE DINGE HET 3000 OORTUIG OP PINKSTERDAG EN DUISENDE ANDER LATER
D. HIERDIE DINGE KAN U OPNUUT OORTUIG VANDAG — WAAR U U OOKAL BEVIND.
- VERVUL MET ONWRIKBARE GELOOF IN DIE WOORD
E. PLIG OM HIERDIE OU NUUS MET ONWRIKBARE OORTUIGING AAN MENSE TE GAAN BEKEND MAAK.
-Malan Gerber